Die Burger kykNET Buite Ekspo
|
Die eerste Burger Buite Ekspo was uiters suksesvol aangebied gedurende 17 tot 20 Februarie 2011. Dit was gehou te Kam’bati River Resort, 20km buite Swellendam en 200km vanaf Kaapstad en George. Gaan kyk gerus by www.kambati.co.za. om meer oor die oord te wete te kom. Die Ekspo het 7000 mense gelok, waarmee ons hoogs tevrede was gegewe ook dat dit die eerste jaar van aanbieding was en aanvanklik baie gure weer! Hierdie sukses het ons genoop om Die Buite Ekspo konsep in die Noorde aan te bied. kykNET met sy byna 2 000 000 TV kykers het ingestem om die Hoofmediaborgskap op te neem vir die Limpopo weergawe van Die kykNET Buite Ekspo en gedurende 22 tot 25 September 2011 bied ons dit met groot sukses aan by Mbizi Caravan Lodge net buite Warmbad. 14 000 mense woon hierdie geleentheid by! Na hierdie sukses onderhandel ons met Die Burger en kykNET om gesamentelik die Hoofmediaborgskap te deel en Die Burger kykNET Buite Ekspo maak sy buiging gedurende 2 tot 4 Maart 2012 by Kambati River Resort, ons derde Buite Ekspo in minder as twee jaar! Die naweek het suksesvol verloop met 7000 mense wat bygewoon het gedurende ‘n snikheet naweek! Die kykNET Buite Ekspo was weer gedurende September 2012 aangebied by Mbizi Caravan Lodge net buite Warmbad in Limpopo. Verskeie veranderinge was aan die formaat aangebring, sonder om die konsep van die Buite Ekspo nadelig te beinvloed en die geleentheid het oor ‘n langnaweek geskied. Ons besoekersgetalle klim met +- 20% na ‘n ongelooflike 17 505 mense gedurende die naweek! Vanaf 22 tot 24 Maart 2013 word die Die Burger kykNET Buite Ekspo weer aangebied by Kambati River Resort buite Swellendam en die nuwe formaat word dan hier ook toegepas, soos baie suksesvol gewerk het in Limpopo. |
|
|
Daar is ook groot logistieke veranderinge gemaak by Kambati en die ekspo terrein is nou op sy eie en weg van die gereelde kampering wat Kambati bied, wat beteken dat daar nou meer kampeerders gehuisves kan word tydens die ekspo.
Die Missie van Die Burger kykNET Buite Ekspo is om die buitelewe te bevorder en te simuleer in ‘n veilige omgewing en om die gesinswaardes deur familie aktiwiteite in die buitelewe te inspireer. |


















































