Volgende: Die kykNET Buite Ekspo Celeb Golfdag – Weskaap· 10 Maart 2027

Oor Trio Events

'n Kaapse span wat al jare lank van 'n idee 'n volle naweek vir die hele gesin maak.

Ons storie

Trio Events se hoofkantoor is in die noordelike voorstede van Kaapstad geleë en word bestuur deur Marius Opperman. Ons is die konsepeienaars en aanbieders van bekende geleenthede soos die kykNET Buite Ekspo Wes-Kaap op Môreson Plaas buite Malmesbury, die kykNET Buite Ekspo Limpopo, die kykNET Buite Ekspo Suid-Kaap by ATKV Hartenbos, die Land Cruiser Fees by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela-Bela en die South African 4x4 & Outdoor Show Wes-Kaap.

Ons dienste is alles omvattend en begin gewoonlik met 'n idee en 'n droom wat ons dan omskep in 'n realiteit. Ons kyk na alle fasette van 'n geleentheid, en daar is feitlik niks wat ons nie kan reël nie!

Ons geleenthede

  • kykNET Buite EkspoWes-Kaap, Suid-Kaap, Limpopo en Namibië
  • kykNET Celeb GholfdaeSaam met elke Buite Ekspo
  • South African 4x4 & Outdoor Show Wes-KaapSandringham, Stellenbosch
  • Land Cruiser FeesSondela, Bela-Bela
  • SA Bakkie & SUV FeesSondela, Bela-Bela
  • Kersfees is GrootThe Carousel, Pretoria

Ook al aangebied: kykNET Overberg Lugskou, Bredasdorp · Hilux Fees

Wat ons doen

  • LogistiekTerrein, infrastruktuur, parkering en vloei op die dag.
  • Health & SafetyVeiligheidsplanne en nakoming vir groot skares.
  • BemarkingPlakkate, radio, sosiale media en mediavennote.
  • MediaVerhoudings met kykNET, Bok Radio, Landbou Weekblad en ander.
  • UitstallersToekenning van stalletjies, terreinuitleg en ondersteuning.
  • Aktiwiteite en vermaakHindernisritte, vlugte, musiek en kinderareas.
  • BorgskappePakkette vir borge en hul sigbaarheid by die geleentheid.
  • BegrotingVan die eerste begroting tot die finale verslag.

Toekennings

Die kykNET Buite Ekspo is al vier keer deur lesers as die beste ekspo aangewys.

  • Beste Ekspo in SA, Rapport Leserskeuse2023
  • Wenner: Beste Ekspo, Beeld Leserskeuse2023
  • Wenner: Beste Ekspo, Beeld Leserskeuse2022
  • Beste Ekspo in SA, Rapport Leserskeuse2021
Rapport en Beeld Leserskeuse-toekennings

Die span

Marius Opperman

Fees Direkteur

Bestuur Trio Events en is die konsepeienaar van die geleenthede. Kontak hom oor borgskappe, media en nuwe geleenthede.

Jacquelene Gossmann

Finansies en Administrasie

Hanteer die finansies en administrasie: fakture, betalings en rekeninge.

Tersia Schneider

Uitstallers

Werk met die uitstallers: stalletjies, aansoeke en terreinuitleg.